Die lappopsindroom
Ek’t vroemôre by auntie Google se deur gaan klop; sy’s te ougat!
Sy’t my deeglik vertel oor sindrome as ’n kliniese neurologiese afwyking.
Nou ja, die sielkundiges sal jou ’n poepstorm-inligting gee, dan voel jy altemit soos ’n dronk weeluis onder swaar Homechoice-komberse. Versmorende sindrome!
So het die ekke, papierlose filosoof, my eie lokasiesindroom wat elke lokasiemens sal begryp. DIE LAPPOPSINDROOM
’n Gevoel van minderwaardigheid/verwerping as gevolg van jou sogenaamde swak gehalte, armoede en herkoms.
Kom ons begin by die begin: hoekom en hoe word ’n lappop geskep?
Eerstens is ons arm en het nie geld vir winkelspeelgoed nie; die skepping kom van oorskietmateriaal van die straat se naaldwerktannies. Oorskietwol, stukkende sykouse (gelukkig bruinerig om naas mens se vel te lyk), spons van ’n ou sponsmatras, oorskietborduurgare. Alles herwinde materiaal, niks word gekoop.
Nou ja, ma of ouma begin die projek om eers die materiaal te kry; sommer ná die kerkdiens word auntie Sannie gevra oor oorskietlap. Die pop begin, sonder haas, rus-rus. Met elke naaldsteek word daar gesing, “Jesus, Jesus soete vrind”. In elke steek geloof, hoop, liefde.
En tussendeur skree sy vir kruisement tee vir krag, en jy doen gedwee.
Die lappop kry karakter: Oë is sommer knope, wenkbroue en mond is kettingsteek met borduurgare.
Die hare van wol (ek het geel wol verfoei want ons bruin mense is mos nie blond nie!). Jou lappop het onkambare hare maar wel vlegbaar en daar is altyd lintjies van rokkelissies.
Andersins moes ons klapperhaar van outydse matras gebruik want ons is mos ’n kroesvolk!
Die tipe pop word rondgesmyt want sy’s mos van lap – aan die begin verwerp jy haar want sy’s nóg ’n simbool van armoede en uitgeworpenheid. Haar oë beweeg nie, sy staar jou knoopoog aan soos jou skoolhoof as jou punte swak was. ’n Replika van ’n mens wat stom, willoos, geraamteloos is.
Jy besef dat die winkelpoppe ook emosieloos is, maar so het die Chinese mos pratende poppe gemaak wat selfs kan piepie. Dié kom met sy babakleertjie de lot! En daai is vir die skoolhoof se kind, hulle het geld, hulle is beter!
Armoedige lappop het GEEN “warderobe” nee sy bly so; sy word gewas met klere en al want sy is “all-in-one” nes ouma se armoedige hoendernekkiebredie. Haar voet is sommer haar skoene.
Maar hier kom die positiewe swaai: Die armoedige lappop bring soveel rykdom. ’n Unieke pop.
Die Amerikaners se “limited edition”, en daai soort van handelsmerk praat groot dollars.
In haar armoede kan sy net nooit ’n tweelingsussie hê nie; sy is enig in haar soort.
Vir haar “mammie” raak sy mettertyd ’n “trane-afdroog-ding”, ’n gesels-ding, ’n vashou-ding as die donker spook . En ten laas nie net ’n flambojante miniatuur kussingagtige vertrooster nie, maar ’n dierbare mater met ’n troetelnaam.
Julle onthou seker die primêre skoolliedjie van die lappop op die ashoop? Ek ken dit steeds woord vir woord, en doen dit steeds dramaties soos geleer deur Juffrou Yon en Meyer.
En dan besef ek weereens die weergalose waarde van ’n niksseggende armoedige lappop. Want daar op die ashoop het sy haar prinsesstatus ontdek tussen die gelapte binneband, stukkende skoen en kous sonder maat. Vrot pampoen het ook positief gedraai, want op die ashoop het sy begin groei, kos vir die haweloses.
Daar by die stank het haar lappophandjie ’n stersepter geswaai en alle vervallendheid betekenis gegee. Sodoende alle verstotelinge/weggooigoed ’n nuwe asem gegee.
Wees ’n trotse lappop, met wolhare wat vlegbaar is; ’n sawwe borskas wat warmte kan bied in stilte; ’n tuisgemaakte gebroedsel met onskaadbare identiteit.
Maak jou lappopsindroom verwarrend vir jou teenstanders op die hoë perdjies, want hoe meet jy waarde tussen katoen en plastiek?
In Latyns sê hulle: “Nihil est derelictum” (Nothing is forlorn).
– Gasskrywer
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie