Die laksman slaan toe
SMN 30 jaar gelede
“Dis tyd, my poppie, die laksman het gekom. Nie die een wat daar in die sambreelboom ‘twee-dood! twee-dood! skreeu nie. Nee, ’n man met die naam van Björn.
“Eerste burger van Windhoek, my pop. Soos die goed van Kakamas kan hy die Hoek van Windhoek wees by geleenthede soos die Mej. Heelal. Maar wanneer dit by ons kleintjies kom, is hy die Boodskapper van Oordeel – Messenger of Doom, soos James Broadley aldag sê.”
’n Buurman brom: “Dis sulke tyd. Hy praat weer met die bome, die struike en die blomme. Waar sit die maan?”
“Woensdag kom sê hy alles moet vrek. Alternatiewelik gaan die tuiniers eensaam opgesluit word en as ’n toegif ook beboet word nog. En nie sommer so ’n dood nie. Nee dit moet ’n vrekte wees aan die dors. Dis nou omdat die stad se waterbronne leegloop. As jy nie wil voel nie, moet die krane toegedraai word.”
’n Viooltjie draai haar kop effens weg van die son om langer aan die lewe te klou. ’n Sonneblom se kop hang omdat hy weet. En ’n verspotte perske stoot sy eerste bloeisel uit, uittartend tot die dood. “Ja, ons is soos die mense van ’n beleërde stad. Sê maar die vyand het ons omsingel en die watertoevoer afgesny. Maar nie tot met ons oorgawe nie, maar tot die einde.”
’n Peper staan nog vrolik daar. Hy gaan haal sy water diep.
“Van ons het ’n lang vennootskap gehad. Jy’s mos al in 1975 geplant. Ja, die jare toe die Bürgemeisters gepleit het vir ’n groener Windhoek. En ons gewone ouens sê nie nee nie. Toe het ons mos nog mekaar geken en was ons sonder ’n mensekoning wat doer uit die hoogtes sit en heers.”
Wag-’n-bietjie trek aan ’n trui se mou. “Maar kon hulle nie ’n plan gemaak het nie? Ons weet mos ons reën maar so-so.”
“Daar is planne gemaak, my kind. Onthou jy nie die dag toe die ripper die waterpyp van Okahandja af Windhoek toe afgeruk het nie? Ja, my ding, die dag toe die vragmotor in die ou Klein-Windhoekweg in die gat in die aarde gery het en die water so geloop het dat die Klein-Windhoek-riviertjie in die middel van die winter afgekom het. En die dag toe die bussie op ’n straathoek in Erospark net gevoel het hoe die aarde onder hom padgee.
“Waterwerke van die stad, my skat. Was dit waarvoor die waterprys gestyg het? Ek weet van geen ander skema om die stad se dors te les nie. Moes seker vir die breuke wees wat die prys moes opmaak.
“En jy, Jasmyn, toe jy siek was, het ek in die nag kom opstaan om medisyne oor jou loof te spuit. Jy’t weer sterk geword en uit dankbaarheid jou laventel uit die hoek kom strooi. So stuitig was jy met jou geure dat selfs die bure met lof kom praat het. Jy, suurlemoen, jou doringding. Met bietjie liefde het jy grootgeword.
“En nou?”
Lank loop die pouse.
“Jy vra my van die plakkers by die dam. O, almal wat dors het, kom na die Goreangab.” En in die ooste hang nie eens ’n wolkie so groot soos ’n man se hand nie.
* Dis glo net ’n storie dat die Windhoekse munisipaliteit maandeliks ’n prys gaan toeken aan die inwoners wat die meeste bome, struike en blomme uithaal. – 7 Julie 1995

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie