Die Januarie-blues
Desember is verby en hoewel ek in my kinderdae gewoonlik hierdie tyd van die jaar gevul was met opgewondenheid en afwagting, is dit nie meer die geval nie.
Ek het as jong dogtertjie die aand voor die eerste skooldag my kleertjies mooi uitgepak. Skoolsak het by die deur reggestaan en binne was ’n pennesakkie met splinternuwe potlode en uitdraaikruite. Boeke was reeds weke vantevore oorgetrek en alles is netjies ingepak. Die aand voor die tyd het die skoenlappers in my maag my uit die slaap gehou.
Vandag verlang ek terug na daardie kinderlike opgewondenheid. Deesdae is ’n nuwe jaar net nog ’n nuwe jaar. Eerlikwaar voel daar niks vreemd aan die nommers – 2023. Moet ons nie al by 2025 wees nie?
Agter my lessenaar dink ek terug na die warm Desember son. Ek proe nog die gin en tonik op my lippe.
Dan skop die werklikheid in en ek vat nog ’n sluk van my bitter koffie en kyk moedeloos na die velle wat op my arm afdop. ’n Uitwerking van my sorgelose sonbrand.
Ek verlang al klaar na die kuiers saam familie en vriende. Familie en vriende wat nou weer ver is en al wat oorbly, is die vooruitsig na volgende Desember wanneer ons almal uiteindelik weer saam is.
Weg is die samesyn en al wat oorbly, is die werk wat oor die vakansie opgehoop het en by die minuut meer raak.
Wat het my as kind so opgewonde gehad? Vriende? Sport? Ja, beslis. Maar ek was ook gretig om te leer en mal oor skool.
Dit was so ’n goeie balans van leer, sport en vriende. ’n Balans wat grootmense dalk nie aldag kan handhaaf nie. Hoe kan jy as 8 ure van jou dag op kantoor is?
Ná werk jaag ek om te oefen net sodat ek lewendig kan voel; daarna staan ek moeg en moedeloos agter die kospotte en daarna lê ek my kop met dankbaarheid op my kussing net om môre alles weer te doen.
Naweke is daar om te sosialiseer, né? Nee. Dit is nie. Mens is gewoonlik so moeg dat jy net wil slaap en dan voel enige sosiale geleentheid soos moeite – veral vir ’n introvert soos myself. Nie eens te praat van die angs oor alles wat jy moet doen en Maandag wat stadig nader kruip nie.
Angs oor jou huis wat deurmekaar is, jou geld wat min is, al die werk op kantoor wat nog gedoen moet word, het jy onlangs by jou vriende ingeloer, wanneer laas het jy jou ma gebel, ek moet regtig ’n afspraak by die tandarts maak.
Diep asem.
Alles gaan oukei wees en 2023 sal wees wat jy daarvan maak. Positiwiteit is die antwoord.
Vir daai angs het ek net een hanteringsmeganisme – fokus op een ding op ’n slag. Begin boaan jou lysie en moet nie warrie oor die honderde goed onder dit nie. Dit geld ook vir sosiaal wees. Wanneer jy die geleentheid kry om te ontspan, doen dit ook ten volle en fokus al jou energie daarop, want dit is ook nodig.
Geseënde, opwindende en angsvrye 2023 vir almal!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie