Die dorpsbeeste van Grootfontein
Op die Grootfontein-Facebookgroep word daar soms oor die beeste wat in die dorp rondloop gekla.
Dan wei hulle rondom die museum, ander kere by die biblioteek. In die hoofstraat het hulle al verkeersknope veroorsaak – hierdie beeste sonder wagter of gids. Of is hulle werklik so vry voet soos wat almal dink?
Dekades gelede, toe die roomyskarklokkie nog kinders uit die dorpshuise gelok het, is Abel besig om aan sy windpomp net buite die dorp te werk. Die vee soek na graspolle in die veld. Dit is die aanvang van somer, net voor die reënseisoen. Weiding is ’n wens. Dit is warm – kos en water is skaars. Selfs in die ou huis is daar net gemmerbier in die parafienyskas. Die krane stik lug. Die windpomp moet vandag regkom voor die diere van die veld af terugkom. Daar is ’n pleidooi in diere se oë wanneer hulle dors het, honger is en voor hulle geslag word.
Stof en die reuk van droë veld slaan op in die lug. Bo-op die windpomp absorbeer Abel se rug die strale van die helder, wit son. Sy nek, net bo die kraag, is ’n gloeiende kool. Die sweet van arbeid glinster op sy arms. Dit is moeilik om te sien. Dan en wan vee Abel die soutsweet uit sy oë.
Dit is tevergeefs! Die donnerse windpomp wil nie saam werk nie. Gefrustreerd klim Abel by die windpomp af.
In die huis staan Abel by die telefoon. Hy vat ’n slukkie koue gemmerbier uit die blikbeker voor hy die enigste knoppie op die telefoon inhou. Aan die anderkant van die apparaat antwoord ’n stem: “Grootfontein-sentrale, goeiemiddag. Nommer asseblief.”
“Middag dame,” sê Abel, “28604”.
“Net ’n oomblik”.
Abel is dankbaar vir goeie mense soos die buurman, aan die dorp se kant, wat ingestem het dat die vee vanaand by sy krip kan gaan water drink. Ons almal se oorlewing, geluk en veiligheid spruit uit ’n vervlegging van ons medemens.
Die skemer kruip oor die horison. Goue wolke hang in die lug en die hemel is ’n palet van helder oranje, pastel-pienk-en-blou, ’n purperpers en koningsblou. Dit is Abel se gunstelingtyd van die dag. Die aandster is ’n seremoniemeester vir die skouspel van sterre wat binnekort volg.
In die verte hoor hy die beeste bulk. Hy maak sy groot blikbeker vol gemmerbier en wag by die kraal. Ten spyte van uitdagings, kalmeer die reuk van stinkmier hom. Dit laat hom aan sy oupa dink.
Met ’n ligter gemoed neem hy ’n groot sluk gemmerbier. Die bier brand in sy lugpyp. Hy buig vooroor en begin hoes, stik. . . versmoor. In paniek kyk hy rond vir hulp. Dit is net die beeste wat nader kom.
Snakkend en gapend, met ’n lam lyf, slaan hy teen die grond neer. Die benoudheid verdwyn. Die aandster skyn helderder en helderder. Die wit van die lig verswelg die kleurpalet wat oor die aarde koepel. Die veldgeluide word stil. . .
Abel staan op. Die diere moet kos en water kry. Hy stap verby ’n blikbeker wat op die dorre grond lê. Die beeste word aangehits. Met die aand se koms stap Abel en die beeste dorp se kant toe. Meer sterre flikker in die hemelruim. Die maanlig versag die ru kalkklippe.
In die veld is daar ’n fees vir jakkalse en roofvoëls. Ons neem van die natuur en ons gee vir die natuur.
Soos wat mense regmaak vir die kooi in hulle huise, stap Abel en sy beeste Grootfontein binne. Langs die tennisbane, agter die munisipaliteit, is daar gras. ’n Pyp bars en water syfer deur die grond. Die beeste vreet en drink.
Intussen het Grootfontein slimfone en Wi-Fi. En, ou Abel lei steeds rondloper beeste na graspolle en waterpoele. Tot die inwoners se frustrasie.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie