Jy hóéf nie ’n produk van jou omstandighede te wees nie
Jy is nie wat met jou gebeur het nie.
Jy is nie die foute van jou ouers nie, of die leë bord op die kombuistafel, of die pad wat jy sonder skoene moes stap nie. Jy is nie jou lae punte op ’n rapport of die stem wat vir jou gesê het jy sal nooit iets wees nie.
Jy is nie daardie “ag, dis maar net hoe dinge is”-mentaliteit wat so maklik nes in ons harte skrop nie. Jy is nie ’n produk van jou omstandighede nie, tensy jy besluit om een te wees.
Elke mens het ’n begin. Party begin met liefde en biblioteke vol boeke. Ander begin met stilte, skelwoorde, en min. Dis nie regverdig nie, maar dis die werklikheid. Wat jy daarmee maak, dít is jou krag.
Ons leef in ’n wêreld wat lief is vir etikette: arm, swak, probleemkind, moeilike agtergrond, ongeleerd, “sy sal net soos haar ma wees”.
Maar wie sê hulle is reg? Wie gee ander mense die reg om jou einde te voorspel nog voordat jy begin het?
Ek glo dat een van die mees radikale dade wat jy kan pleeg, is om op ’n dag op te staan en te sê: “Nie ek nie. Nie vandag nie. Hierdie lyn van seer stop by my.”
Jy kan besluit jy wil meer wees, meer as die pyn, meer as die beperkings, meer as die narratief wat vir jou vertel is.
Ek het al mense gesien wat met ’n enkele skoenveter aan hul drome vasgeklou het. Mense wat deur trane geswot het, wat vir hulself gesorg het toe niemand anders wou nie. Mense wat hulself geleer het om lief te hê, al het hulle dit nooit gekry nie. En ek sê vir jou: as hulle kon, kan jy ook.
Maak vrede met waar jy vandaan kom, maar kies waarheen jy wil gaan. Jy hoef nie daardie een ou fout elke dag te herhaal nie. Jy hoef nie iemand anders se seer soos ’n erfstuk te dra nie. Jy mag jouself genees, bou, opstaan, leer en glo.
Want weet jy wat? Jy is genoeg. Jy is moontlik. En jy is nie alleen nie.
Ek sê maar net: jy hoef nie net te oorleef nie. Jy mag blom. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie