Carpe diem
Carpe diem. Gryp die dag aan. Nie deur die horlosie dop te hou nie.
Dit is 13 Januarie 2026. Die nuwe jaar is skaars in sy kinderskoene en tog voel dit reeds asof die jaar reeds op ’n drafstappie is.
Die jaar 2025 is verby. Stilweg. Sonder om terug te kyk – 356 dae, 8 760 ure. Meer as ’n halfmiljoen minute. En die vraag wat ongemaklik in die lug bly hang, is eenvoudig: Wat het ons daarmee gedoen?
Tyd is ’n vreemde ding. Dit kan rek en krimp, stadig kruip of onstuitbaar jaag. Dit hang nie altyd af van hoeveel tyd daar is nie, maar van wat ons daarmee doen.
Wanneer ’n mens na ’n horlosie kyk – na die sekondewyser wat elke keer presies dieselfde sirkel voltooi – dan voel tien minute soos ’n ewigheid. ’n Halfuur word ’n toets van geduld. ’n Uur raak lank. Dit is omdat jou aandag op die eindpunt is en nie op die oomblik nie.
Maar doen iets binne daardie uur. Werk. Lees. Praat. Bou. Dink. Luister. En skielik is die uur verby. Jy is verbaas en vra: “Waarheen het die tyd gegaan?” En tog, as jy terugdink, kan jy sê: “Dit was nie leeg nie. Dit was nie net wagtyd nie. Iets het gebeur.”
In die groter prentjie is ’n uur kort. ’n Dag is kort. Selfs ’n jaar is kort. Maar binne daardie kort tyd is daar ’n verstommende hoeveelheid moontlikhede.
’n Gesprek wat ’n verhouding verander. ’n Besluit wat ’n rigting bepaal. ’n Optrede wat ’n ander mens help. ’n Uur kan ’n verskil maak.
Ek sien dit in my kinders. Hulle is nog jonk. Skaars in hul vroeë twintigs. Nog nie eens vyf-en-twintig nie. En tog dra hulle reeds die gewig van môre.
Hulle wil klaar studeer. Begin werk. Hulself vestig. Bou. Hulle is ernstig, gedrewe, soms rusteloos. Hulle wil nou reeds by die eindpunt kom. Die voordele gouer hê. Die sekerheid gouer bereik.
Ek het altyd vir hulle gesê: Werk nou hard, speel hard later. En hulle het dit ter harte geneem. Maar wat ’n mens soms vergeet, is dat later nie ’n vaste datum het nie. En nou is nie net ’n wagtyd nie, nou is deel van die lewe self. Daar is dinge wat net in hierdie fase gedoen kan word. Dinge wat nie oorgeslaan kan word nie. Dinge wat nie ingehaal kan word nie.
Die gevaar is nie dat tyd verbygaan nie. Dit gaan in elk geval verby. Die gevaar is dat dit sonder betekenis verbygaan. Dat ’n mens aan die einde van ’n dag, ’n maand, ’n jaar sit en net kan sê: “Dis weg.”
Die Bybel praat hieroor. Moses bid in Psalm 90: “Leer ons ons dae so tel dat ons ’n wyse hart bekom.” En Paulus skryf aan die Efesiërs: “Gebruik die tyd goed, want die dae is boos.” In ander vertalings: “Koop die tyd uit.” Maak iets daarvan.
Dit beteken nie dat elke oomblik produktief in ’n ekonomiese sin moet wees nie. Dit beteken nie dat rus ’n mors van tyd is nie. Inteendeel, rus kan ’n doel hê. Stilte kan waarde hê. Maar leegheid sonder ’n doel, dit steel meer as net tyd. Dit steel betekenis.
Soos ’n reis. As jy net op die eindbestemming fokus, voel elke kilometer lank. Elke minuut gaan stadig verby. Maar as jy betrokke by die reis self raak – by die gesprekke, die landskap, die oomblikke langs die pad – dan is jy daar voordat jy weet.
Wanneer tyd vinnig verbygaan, is dit nie noodwendig ’n slegte teken nie. Dikwels beteken dit dat jy teenwoordig was. Jy was besig met die oomblik, nie met die horlosie nie. Die probleem is wanneer tyd stadig verbygaan omdat jy net wag. Wag vir iets anders. Wag vir later. Wag vir iets beter.
Carpe diem beteken nie om te jaag nie. Dit beteken ook nie om roekeloos te leef nie. Dit beteken om die oomblik ernstig op te neem. Om nie net dae en jare te tel nie, maar om dit te vul met doelgerigtheid, aandag en verantwoordelikheid.
Die horlosie sal aanhou loop. Die jaar sal verbygaan. Dit is ’n feit. Die vraag is nie of die tyd gaan vlieg nie. Die vraag is of dit met betekenis sal verbyvlieg.
Gryp die dag aan. Nie deur die tyd dop te hou nie, maar deur elke oomblik te gebruik.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie