Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Johannes 3:8: “Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”
Die geboorte van ’n baba is sonder twyfel een van die grootste wonders wat ons ken. Tog is die wonder net so groot wanneer ’n mens wat reeds oud is, weer gebore word. Dit is nie ’n leerstelling wat ons probeer verklaar nie, maar ’n gawe wat ons met verwondering ontvang. Dis die genadige en vrye werk van God self.
God het werklik ons wêreld binnegekom toe Jesus Christus gebore is. Hierdie waarheid moes openlik verkondig word. Sedert die dag van Pinkster word Christus se geboorte, lyding, opstanding en verheerliking verkondig, sodat ons dit kan verstaan en daaruit kan leef (1 Petrus 1:3-10).
Die menswording van Christus is daarom die fondament van die prediking en die werk van die Heilige Gees. Die vernuwing van die hele skepping vloei hiervandaan. Wedergeboorte moenie afgewater word tot ’n private ervaring nie. Dit is ’n belofte van die toekoms wat God bring: Die vernuwing van die wêreld, sy koninkryk, sy krag en sy heerlikheid (Matteus 19:28).
Ons persoonlike lewe word nuut gemaak. Om weer gebore te word, bly geheimenisvol – soos die wind waarvan Jesus praat: Werklik, kragtig, maar nie onder ons beheer nie. Dit is nie ’n menslike vermoë nie. Ons ontvang dit uit God se hand alleen. Hy maak alles nuut tot sy eer.
Gees van God, vernuwe my lewe. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie