Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Esegiël 36:27: “Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.”
Die werk van die Heilige Gees is nie soos iemand wat ’n beskadigde kar regmaak nie. Sy werk is herskepping. God neem dit wat geval het en stukkend is en blaas sy eie nuwe lewe daarin.
God het alles aanvanklik goed geskep (Genesis 1:31). Die mens het geval, en sonde, skuld en die dood het gekom (Romeine 5:12). Onder God se regverdige oordeel was daar geen hoop nie. Die mens was ver van God af en kon nie terugkeer nie, tensy God self ingryp.
In Jesus Christus het God dit gedoen. Jesus het na ons toe gekom, nie om te veroordeel nie, maar om die straf vir ons sonde te dra (Galasiërs 3:13). Hy het ons skuld op Hom geneem (2 Korintiërs 5:21).
God het Jesus uit die dood opgewek en daarmee gewys dat sy werk klaar is en dat ons vrygespreek is (Romeine 4:25). Wat belowe is, het nou werklikheid geword. Deur die Heilige Gees word alles wat Jesus gedoen en geleer het aan ons gegee (Johannes 16:14).
Nou begin alles nuut word. Blindes sien, dowes hoor, dooies staan op en gebrokenes ontvang hoop (Jesaja 35:5–6). Die Gees bring lewe waar daar dood was (Esegiël 37). God se herskepping het begin.
Heilige Gees, dankie dat U dit wat gebreek is nuut maak. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie