Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Johannes 17:3: “En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.”
Ons ken God nooit volledig nie. Ons ken Hom werklik, maar nie heeltemal nie. Hy nooi ons egter tot ’n lewende verhouding waarin ons kennis verdiep. Die Bybel vertel van ontmoetings waarin mense God leer ken terwyl hulle saam met Hom leef. Abraham het God beter geken nadat hy Hom op die berg Moria vertrou het.
Om God te ken, gaan nie oor die aanleer van idees nie. Dit is geloofskennis wat gevorm word deur liefde, gehoorsaamheid en gemeenskap met God. Ons ontmoet God nie net met ons verstand nie, maar met ons hele lewe, hart, wil en dade. Selfs dan is hierdie kennis nie iets wat ons self skep nie. Dis ’n gawe van die Heilige Gees wat ons oë oopmaak om God te ken soos Hy werklik is.
Om Jesus te ken is om die Vader te ken. Om vergifnis te ontvang is om God se genade te ervaar. God gaan voort om lig te werp op dit wat Hy reeds geopenbaar het. Ons begrip groei wanneer ons saam met Hom leef. Hierdie kennis begin met heilige ontsag, groei deur gebed en vertroue en word volwasse deur liefde.
Christus regeer deur sy Gees. So versprei wysheid en word die aarde gevul met die kennis van die Here. Om Hom werklik te ken is die ewige lewe.
Dankie dat U Uself openbaar. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie