Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 95:6: “Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!”
Wie is ek? Mark Twain het grappenderwys gesê Adam en Eva het baie voordele gehad, maar die grootste een was dat hulle nooit tande gekry het nie!
Op ’n ernstiger noot: Adam en Eva is na God se beeld gemaak. Dit beteken ook ons dra iets van Hom in ons.
God is nie net ’n groter weergawe van ons nie. Hy wys vir ons wat dit beteken om regtig ’n persoon te wees. God is nie ’n vae krag of ’n idee ver weg nie. Hy is naby.
Die een ware God is Vader, Seun en Heilige Gees – die een God – is wonderlik persoonlik. Hy praat met ons. roep ons, waarsku ons, vergewe ons en het ons lief. Omdat Hy ons gemaak het, kom ons identiteit van Hom af.
Jy is nie ’n fout of glips nie. Jy is ’n doelbewuste keuse van God. God het jou gemaak met vryheid en verantwoordelikheid sodat jy ’n ware verhouding met Hom kan hê. Elke dag kies ons hoe ons reageer: Met gehoorsaamheid of weerstand, met geloof of twyfel.
Selfs wanneer ons sukkel of wegdraai, bly God getrou. Hy verloor nooit beheer nie.
Vandag nooi Hy jou om Hom te aanbid, na Hom te luister en om Hom as Vader te antwoord.
Here, ek aanbid U vandag. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie