Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Kolossense 1:15-17: “Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.”
Die alledaagse lewe kan verwarrend, moeilik of selfs sinloos voel. Rampe gebeur, geweld neem toe, hebsug word normaal en oneerlikheid het die norm geword. Wanneer ons dit sien vra ons maklik of God goed, magtig of selfs werklik is. Uit ons daaglikse ervaring is God se liefdevolle beheer oor die wêreld nie altyd duidelik nie.
Om te sê dat God voorsien en regeer, is ’n daad van geloof. Die werklikheid vertoon nie altyd God se heerskappy nie.
Tog het God ons nie in die duister gelaat nie. Hy sou nie ’n ware Skepper wees as Hy ver weg bly van dit wat Hy gemaak het nie. Die Bybel leer dat God nooit prysgee wat Hy gemaak het nie. Hy sorg daarvoor, lei dit, regeer daaroor en gebruik dit vir sy doel. Selfs wanneer ons nie duidelik kan sien nie, hou geloof vas dat God die skepping na sy voleinding lei.
God se sorg vir die wêreld is duidelik in Jesus Christus. As gevolg van sonde het God die wêreld nie verlaat nie, maar met genade in ons wêreld kom woon.
Christus is die middelpunt van God se plan. Deur die Gees hou die Vader ons vas, sodat ons die Seun kan ken en in vertroue voor Hom kan leef.
Here, ons vertrou U ten spyte van wat ons ervaar. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie