Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 88:14: “Waarom, Here, verwerp U my en verberg U u aangesig vir my?”
Charles Dickens het gesê: “Dink na oor jou seëninge, waarvan elke mens baie het, nie oor jou vroeëre teenspoed nie, waarvan alle mense iets ervaar.”
Baie mense ervaar egter meer teenspoed as seën. Oorloë, gesinsverbrokkeling, armoede en wreedheid is eeue lank deel van die mens se storie. Die lyding van een mishandelde kind kan ’n mens se geloof laat wankel.
Baie Christene praat maklik oor God se sorg en beheer en sê dinge soos: “Alles gebeur met ’n rede” of “Wat moet gebeur sal gebeur”. Sulke woorde bring egter min troos. Dikwels word oor God se beheer gepraat sonder om sonde en die geweld wat ons mekaar aandoen ernstig op te neem.
Die teoloog Adrio König sê die Christelike geloof bely egter: God regeer. Hierdie belydenis is moeilik, want die wêreld is vol sinnelose lyding. Wanneer daar geen maklike antwoorde is nie, hou geloof eenvoudig vas aan God. Ons kniel langs dié wat ly, treur saam en roep saam met hulle na God.
Ons doen dit omdat ons nie glo in ’n koue of onvoorspelbare god nie, maar in ’n getroue Vader. In Christus sien ons dat God nie veraf staan nie.
Aan die kruis het Jesus onreg, verwerping en verlatenheid beleef. Daarom is Hy naby aan ons in ons diepste pyn – Hy verstaan, Hy huil saam met ons en belowe uiteindelike oorwinning oor alle kwaad.
Here, dankie dat U ons lyding gedeel het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie