Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Markus 10:45: “Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”
In ’n artikel deur prof. Renata Schoeman, hoof van gesondheidsorgleierskap aan die bestuurskool van die Universiteit Stellenbosch, wys sy daarop dat mense met narsistiese of psigopatiese eienskappe meer dikwels in leiersposisies voorkom as in die algemene bevolking. Terwyl slegs ongeveer 1% van mense psigopatiese eienskappe het, dui navorsing daarop dat tot 4% van sakeleiers dit kan toon, met die hoogste voorkoms onder uitvoerende hoofde. Eienskappe soos sjarme, selfvertroue, durf en vreesloosheid kan mense help om vinnig op die leer van sukses te klim, maar dieselfde eienskappe kan ook manipulasie, ’n gebrek aan empatie en selfgesentreerdheid verberg.
Hierdie sogenaamde “donker leiers” skep dikwels werksomgewings wat alles met vrees, stres en wantroue vergiftig. Werknemers onder sulke leiers ervaar meer angs, depressie en uitbranding en baie bedank uiteindelik. Al lyk hierdie leiers aanvanklik inspirerend en beslissend, is die langtermyngevolge skadelik: Produktiwiteit daal, personeelomset neem toe en organisasies begin agteruitgaan.
Dit staan in skerp kontras met Jesus se verstaan van leierskap. Hy leer sy dissipels dat die lewe nie gaan oor selfdiens of die bou van jou eie koninkryk nie, maar oor diens aan ander. Wanneer Christus ons fokus is, skuif ons aandag van eie belang na omgee vir mense. Dink net hoe anders sou ons werkplekke en gemeenskappe wees as Christene dit oral uitleef.
Here, bevry ons van selfgesentreerdheid en leer ons om te dien soos U. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie