Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 12:2: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.”
’n Kuberveiligheidskenner, Anna Larkina, skryf dat Generasie Z ’n teiken geword het. Sosiale platforms wat ontwerp is om mense te verbind, skep dikwels ’n sterk vrees om iets mis te loop (FOMO – fear of missing out). Hierdie vrees dryf baie jongmense om vinnig op skakels te kliek sonder om te dink. Bedrieërs gebruik hierdie dringendheid en skep vals kaartjieverkope, beperkte voorafbestellings of misleidende boodskappe wat mense lei om persoonlike inligting te gee of skadelike sagteware af te laai. Foto’s, plekke, gewoontes en roetines wat gedeel word, verklap dikwels sensitiewe persoonlike besonderhede.
Voortdurende aanlyn betrokkenheid kan ook beïnvloed hoe die brein funksioneer en kan emosionele, fisieke en sosiale uitdagings veroorsaak, insluitende angs, eensaamheid en depressie – ’n probleem wat as iDisorder bekend staan. Navorsing toon dat een uit drie jong volwassenes geestesgesondheidsprobleme ervaar wat met die oormatige gebruik van tegnologie verband hou. Baie mense gebruik dan spesifieke toeps om daarmee te help. Ongelukkig stoor dit dan hoogs sensitiewe data wat gevaarlik kan wees indien die sekuriteit swak is.
Ons vyand verander stilweg sy taktiek en gebruik selfs nuttige hulpmiddels as afleidings om ons harte en gedagtes van God af weg te trek.
Paulus herinner ons daaraan om nie aan die patrone – letterlik die skemas – van hierdie wêreld te voldoen nie. Ons moet toelaat dat die Here ons denke verander. Wanneer ons gedagtes onder God se beheer is, vind ons ware veiligheid en vrede.
Here, lei ons gedagtes en bewaak ons harte deur die krag van u Gees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie