BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Matteus 1:20: Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees.
In Advent dink ons met verwondering na oor die wonderwerk van Jesus se geboorte uit die maagd Maria. Hierdie geheimenis gaan alle menslike insig en geloof te bowe. Johan Heyns herinner ons daaraan dat Maria geluister, vertrou en haar aan God se woord oorgegee het, maar dat die swangerskap nie deur haar geloof of deur ’n aardse verhouding veroorsaak is nie. Dit was die genadige werk van die Heilige Gees - ’n goddelike skeppingsdaad. Deur die Gees is ’n ware mens in Maria se moederskoot gevorm. Hierdie wonder sluit nie die skepping uit nie. Verlossing en skepping staan nie teenoor mekaar nie. Wanneer God werk, gebeur daar wonders. Hy het dit met die skepping gedoen. Hy doen dit weer toe Hy in Christus mens geword het.
Die geboorte van Christus is onlosmaaklik verbind aan sy goddelike, ewige bestaan. Hy het van ewigheid af bestaan en vrywillig gekies om ’n nuwe lewenswyse aan te neem. Hy was heilig en sondeloos. Sy heiligheid is uitsluitlik die werk van die Gees (Lukas 1:35). Jesus staan van nature buite die sonde, maar het vrywillig gekies om die oordeel daaroor vir ons te dra.
Watter wonderlike, ewige en heerlike Verlosser het ons — Een wat Hom volkome met ons vereenselwig het! Hy is verdien om geprys te word.
Here, ons staan in verwondering dat U gekies het om een van ons te word. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie