BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Genesis 3:15: Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.
God werk deur die geskiedenis met liefde. Die koms van die Seun van God was nooit ’n onderbreking nie, maar die vervulling van ’n lang, bestendige belofte, skryf Johan Heyns. In Genesis 3:15 (die “moederbelofte”), bring God hoop in die duisternis van die mens se val: die saad van die vrou sal die slang se kop vermorsel. Al is hierdie belofte in sy oorspronklike konteks onduidelik, word dit helder in die lig van Christus. Dit is die eerste fluistering van die evangelie – ’n versekering dat die bose nie die laaste woord sal hê nie.
Wanneer ons die Ou Testament lees, moet ons balans behou. Christus se teenwoordigheid is enersyds nie tot ’n paar duidelike profesieë beperk nie. Andersyds moet ons dit ook nie in elke teks afdwing nie. God se openbaring ontvou in die geskiedenis – belofte word vervulling, verwagting word ’n werklikheid. Die Ou en Nuwe Testament hoort bymekaar, maar is nie identies nie. Elke fase in die Skrif dra God se genadige plan vorentoe na Jesus, die middelpunt van God se dade.
In Christus het God getoon dat sy beloftes betroubaar is. Dieselfde God wat sy verlossingswerk in Eden begin het, werk ook vandag. Wanneer ons sy trou raaksien, versterk dit ons om Hom te vertrou in ons huidige stryd en toekomstige hoop. Hy is die God wat beloof en wat vervul.
Here, ons vertrou U omdat U getrou is! Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie