Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Matteus 1:23: “Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem. Die naam beteken God by ons.”
Oepke Noordmans het geskryf toe God sien dat sonde die wêreld ingekom het, Hy besluit het: “Dan kom Ek ook!”
Matteus wys dit duidelik. Deur Jesus se geslagsregister te rangskik soos hy dit doen, bevestig hy God se voortdurende nabyheid. Van Abraham af het Israel se geskiedenis gewissel tussen val en opstaan. Dawid was ’n hoogtepunt, maar ná sy sonde – en die volk s’n – het Israel in ballingskap beland. Tog het God sy volk nie daar gelos nie. Hy het tussen hulle kom woon in Jesus – Immanuel! Toe almal Jesus in sy lyding verlaat het, het die opgestane Here beloof om elke dag van hul lewe by sy volgelinge te bly terwyl hulle ander van Hom vertel (Matteus 28:18-20).
Hoe weet ons dat God by ons is? Sommige neem aan God is by hulle omdat hulle ordentlik leef. Ander in die geskiedenis het geglo God bevoordeel hulle op grond van ras, status of posisie. Sulke opvattings is eenvoudig verkeerd. Die geskiedenis wys dat ons nie by God wíl wees nie.
God se verhaal met ons is anders: Hy kies om by ons te wees. Hy het gekies om na ons toe te kom in Jesus Christus – God by sondaars, God by vroue, God by mense wat verkeerd doen. Dít is waarom Hy nou by jou is. Immanuel, God by ons deur sy Gees.
Here, dankie dat U altyd by ons is! Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie