Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Rigters 8:23: “Maar hy sê vir hulle: ‘Ek kan nie oor julle regeer nie, ook nie my nageslag nie. Die Here regeer oor julle’.”
Leierskap is belangrik in elke geloofsgemeenskap. Sonder leiers met ’n duidelike visie is stagnering en verwarring byna seker. Die geskiedenis wys egter ook hoe gevaarlik leierskap kan wees. Daar is tragiese verhale van sekteleiers wie se oortuigings daartoe gelei het dat baie volgelinge saam met hulle omgekom het. Hierdie voorbeelde herinner ons hoe misleidend ’n sogenaamde visie kan wees.
Dink aan Gideon. Toe die volk hom wou aanstel as hulle leier, het hy duidelik geantwoord dat hy nooit in die plek van die Here sou regeer nie. Tog het selfs Gideon nie die menslike hart se neiging tot afgodery in berekening gebring nie. Die efod wat hy gemaak het – wat as ’n herinnering aan God se oorwinning bedoel was – het ’n strik geword (8:27). Wat die volk na die Here moes teruglei, het uiteindelik ’n afgod geword. Dit is tragies omdat Gideon self vroeër die afgode van sy mense vernietig het.
Mark Twain het tereg gesê: “Jy kan nie jou oë vertrou wanneer jou perspektief uit fokus is nie.” Perspektief kan vinnig skuif – soms oornag. Wat op die oomblik reg lyk, kan maklik ’n struikelblok word. Selfs goeie bedoelings kan, met ’n verkeerde fokus, tot afgodery lei. Daarom het ons die vermoë nodig om te onderskei, iets waarvoor ons gedurig moet bid.
Here God, gee ons die vermoë om te onderskei om u wil te ken. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie