No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEl

Efesiërs 6:13: “Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan."

Paulus sê egter dat geloof soos ’n skild is wat ons verdedig. Geloof is nie vae optimisme of wensdenkery nie. Dit is ’n geskenk – deel van God se wapenrusting. Dis selfoorgawe. Dit is om iemand groter as onsself te vertrou. Dis soos om die anker uit die boot te gooi en in die krag van Christus te rus.

Luther het gesê: “Geloof is om te sien wat ander nie kan sien nie, en nie om te sien wat ander sien nie.” Ons sien Christus op die troon – Jesus is Here!

Geloof is nie passief nie. Te midde van storms en golwe kyk geloof weg van die self en sien Jesus wat reeds die stryd namens ons gewen het.

Paulus se brief aan die Efesiërs kan in drie woorde opgesom word: Sit, stap en staan. Ons sit saam met Christus in die hemel – die sekerheid van verlossing. Ons stap op ’n manier wat ons roeping waardig is. Ons staan vas in die oorwinning wat Christus verseker het.

God voorsien elke stukkie van die wapenrusting wat ons nodig het. En wanneer die stof gaan lê, sal ons steeds staande bly – nie deur ons krag nie, maar deur Syne.

Here, dankie vir die beskerming van geloof in U. Amen.

Kommentaar

Republikein 2025-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer