Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Efesiërs 3:16-17: “Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon.”
Geloof is ’n pelgrimstog saam met God se mense. Johannes Calvyn herinner ons daaraan dat Christus geen betekenis het as Hy buite ons bly nie. Deur die Heilige Gees woon Christus in ons harte, net soos Paulus hier bid.
Geloof is ’n lewenslange reis, maar nooit ’n solo een nie. Saam met al God se heilige mense kom ons tot die besef “hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek” (Efesiërs 3:18). In hierdie gemeenskap groei ons en word ons vernuwe – sterf ons ou self en staan ons saam met Christus op tot ’n nuwe lewe (Efesiërs 4:22-24).
God se plan is dat ons saam sal groei. Christus gee allerlei gawes (apostels, profete, evangeliste, herders en leraars) om ons toe te rus vir diens, totdat ons saam “so volmaak en volwasse soos Christus” (Efesiërs 4:13) sal wees. Ons is een liggaam, het een Gees, is familie met een Vader (Efesiërs 4:4-6). Ons geloof groei terwyl ons saam stap. Sien jy die prentjie?
God se doel is nie dat ons geestelike babas moet bly nie, maar dat ons saam as een liggaam moet groei om soos Christus te wees.
Here, dankie vir medegelowiges wat my help om in geloof te groei. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie