Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Efesiërs 1:18-20: “Ek bid dat... julle kan weet hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek het. . .”
Geloof is ’n daaglikse ontdekking van God se krag wat in ons werk. Paulus bid dat ons geestelike oë beter sal sien: Ons hoop, ons erfenis en die groot krag waarin gelowiges deel (1:18-20).
Dieselfde krag het Jesus uit die dood opgewek. Hy sit nou aan God se regterhand – ver bo elke heerskappy, mag en gesag. Hy regeer. Deur geloof deel ons in daardie oorwinning. Ons is saam met Christus uit die dood opgewek en saam met Hom ’n plek in die hemel gegee (Efesiërs 2:6). Dit is nie net ’n toekomstige belofte nie – dit is ’n werklikheid waarin ons nou deel.
Die stryd is vir eens en altyd gewen. Die bose is oorwin, die dood is verslaan. Christus het die magte van die duisternis oorwin en ontbloot (Kolossense 2:15). Toe Jesus uitroep: “Dit is volbring,” het Hy alles gedoen wat nodig was.
John Blanchard skryf dat Christus se lessenaar skoon was toe Hy na die hemel opgevaar het.
Vandag leef ons nie in vrees nie, maar in vertroue (3:12). Ons kan elke uitdaging met Christus se opstandingskrag tegemoet gaan. Geloof beteken dat ons nie vir ’n oorwinning baklei nie. In Christus staan ons vas in die oorwinning.
Here, laat my daagliks ontdek dat u opstandingskrag in my is. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie