Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Efesiërs 6:16: “Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.”
Paulus skets ’n prentjie van ons nuwe lewe in Christus wanneer hy aan die Romeinse soldate dink. Wanneer Paulus oor die wapenrusting van God praat, leer hy nie iets nuuts nie. Hy herinner ons aan waarhede wat hy reeds gedeel het.
Soos ’n soldaat se gordel sy klere vasgehou het, hou die waarheid oor Jesus ons lewens standvastig. Dit stel ons ook in staat om in die waarheid te lewe. Die borsharnas het die soldaat se hart beskerm. Omdat Jesus ons verhouding met God reggemaak het, beheer skuldgevoelens en skaamte ons nie meer nie. God se geregtigheid beskerm ons, maar roep ons ook op om te doen wat reg is.
Die skoene van vrede herinner ons aan die vrede wat Christus tussen Jode en heidene gebring het en hulle een familie gemaak het (2:11–22). Ons dra hierdie skoene van vrede oral om sy versoening te verkondig en mense bymekaar te bring.
Die skild van geloof herinner aan die groot deurskilde wat in water geweek is om vurige pyle te keer.
Geloof beskerm ons hele menswees wanneer vrees, twyfel of versoeking oor ons pad kom. Geloof beteken nie dat daar geen stryd sal wees nie, maar dit hou ons vas aan ons Here wat oorwin het. Dit gee ons moed en krag in die stryd.
Here, gee ons geloof om u oorwinning in Christus te vertrou. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie