Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 5:10: “Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is. . .”
Ek is geseën met wonderlike vriende wat my op soveel maniere ondersteun en help. Ek dank God dikwels dat Hy hulle in my lewe geplaas het. Om iets goeds vir hulle te doen, is maklik. Dit is my manier om dankie te sê vir hulle liefde en sorg.
Dit is egter baie moeiliker om vriendelik te wees met mense wat nie van ons hou nie, op maniere leef wat ons nie goedkeur nie, of niks in ruil kan doen nie. Dis menslik om liefde te weerhou van mense wat dit nie “verdien” nie. Ons houding is dikwels: “As jy gaaf is, sal ek gaaf wees. As jy liefde gee, sal ek liefde gee.”
Gelukkig is God nie so nie. Hy is lief vir die swakkes, die sondiges en selfs sy vyande. Paulus herinner ons daaraan dat Christus vir die goddeloses gesterf het. Dit bewys dat God se liefde nie ’n beloning vir goeie gedrag is nie, maar ’n gawe uit suiwer genade.
Een van die oudste misverstande in die kerk is dat God net goeie mense liefhet. Paulus sê dat God die skuldiges regverdig. As dit nie waar was nie, sou ons sonder hoop wees. Maar God het sy Seun gestuur. Deur sy dood is ons ou lewe uitgewis. Deur sy opstanding het ons nuwe mense geword.
Ons loof U, ons barmhartige God, vir U wonderlike genade! Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie