Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 63:16: “. . . U, Here, is ons vader, van ouds af is u Naam: Ons Verlosser.”
Is daar ’n mooier beskrywing van die Here as: ons Vader! Die profeet kondig ’n nuwe begin vir die volk in ballingskap aan. Nou erken hulle die diepte van hulle sonde teenoor hulle Vader, want dit was ten spyte van sy standvastige liefde.
Die profeet herinner hulle aan die verhaal van die uittog (Jesaja 63:8-14) – dat God hulle gedra het soos ’n pa sy kind dra (63:9) en hulle gevorm het soos ’n pottebakker klei vorm (63:8). Sy liefde word beskryf as goedheid, genade, getrouheid en medelye (63:7, 9, 15). Al hierdie woorde beklemtoon een waarheid: hierdie Vader was nog altyd hulle Verlosser.
Hy het hulle baie lief gehad. Hy het getrouheid verwag – maar hulle het weggeloop en Hom verwerp (63:8). Nou ervaar hulle sy afwesigheid. As Vader betoon Hy nie meer genade nie (63:15) en tree Hy nie meer as hulle Verlosser op nie (63:11-14; 44:7). Geen mens kon hulle harte verander nie. Daarom pleit die profeet dat die Here die hemele sal oopskeur, na hulle toe sal kom en hulle situasie sal verander (64:1-5).
God het in Christus die hemel oopgeskeur om na ons toe te kom. In die gelykenis van die verlore seun hardloop die vergewende Vader om sy terugkerende kind te omhels, ten spyte van sy opstand en sonde (Lukas 15:20-21).
Vader, U is goed. Ek keer vandag na U terug. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie