Bybelse wysheid
            
                                                            DR. ANNES NEL
Eksodus 8:19: “Toe sê die towenaars vir die farao: ‘Dit is die vinger van God!’ Maar die farao het koppig gebly.”
 
Een van my vriende sê dikwels: “Niks is verniet gemaak nie, maar ’n vlieg kom baie naby daaraan.” Dit geld waarskynlik ook vir muggies en muskiete. Anders as die vorige plae, word Farao nie vooraf gewaarsku nie. Die plaag tref met vernietigende krag. Selfs die stof van Egipte verander in swerms insekte wat mense en diere teister (Eks. 8:17–18).
Hierdie plaag is ’n keerpunt in die Here se openbaring van sy mag. Die towenaars van Egipte kon die eerste twee tekens namaak, maar nou is hulle magteloos. Hulle mislukking openbaar die beperking van menslike en bose krag teenoor God se almagtige hand. Vir die eerste keer erken selfs hulle: “Dit is die vinger van God.” Tog bly Farao se hart hard. Sy eie mense sien God se ingrypings, maar hy weier om dit te aanvaar.
Net soos Farao kan ons ook God se hand in ons lewens sien en steeds kies ons om dit te ignoreer, vasgeketting aan ons eie paaie. Hoe dikwels het God duidelik in jou lewe ingegryp, maar jy het Hom geïgnoreer? Johannes die Doper wys sy vinger na Jesus, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem. Sien jy hierdie goddelike ingrypings wat jou lewe kan verander?
Here, maak my oë oop om u hand in my lewe raak te sien. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie