Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

BYBELSE WYSHEID

Mandy Rittmann
DR. ANNES NEL

Eksodus 7:23: Die farao het omgedraai na sy paleis toe sonder om hom daaraan te steur

Harde harte is moeilik om te verstaan. Om dit te begryp, moet ons die plae gesamentlik bekyk en oplet hoe dieselfde patrone herhaal. Die plae neem toe in intensiteit, wat uiteindelik tot die dood van Egipte se eersgeborenes lei. Tog bly die Farao onversetlik.

Die eerste plaag het die Egiptenare se mees vereerde natuurlike element – die Nyl – direk aangeval. Die Nyl, wat as ’n god aanbid is, was Egipte se lewensaar in sy woestynklimaat en het vrugbare grond, water en vis voorsien. Dit het lewe in stand gehou en Egipte se krag gesimboliseer. Deur die Nyl in “bloed” te verander, het die Here Egipte in die hart getref. Die boodskap was duidelik: God het mag, selfs oor wat Egipte as heilig beskou. Tog bly Farao en sy towenaars onbeweeglik en hard. Wie luister na die betekenislose woorde van slawe? (Eksodus 7:2)

God se doel met die plae is tweeledig: om Farao te dwing om die Israeliete te laat gaan, en om sy goddelike mag aan die hele Egipte te openbaar (Eksodus 7:17). Ten spyte van weerstand hou God aan om deur die plae met mense te praat, en nooi Hy hulle geduldig uit om deel van sy plan te word.

Here, dankie dat U saam met ons stap – selfs wanneer ons U stem weerstaan. Amen.

Kommentaar

Republikein 2025-11-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer