Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 11:2: “Ek waak oor julle met ’n ywer wat van God kom. . .”
Paulus was ’n mens soos ons. Hy het liefde en haat, bemoediging en verwerping ervaar. In 2 Korintiërs 10-13 verdedig hy sy apostelskap teen mense wat hom daarvan beskuldig het dat hy skynheilig was – sagmoedig in persoon, maar hard in sy briewe (10:1, 10). Paulus ontken dit (10:11) en beklemtoon dat sy gesag van God af kom. Die gelowiges in die gemeente is die bewys van die blywende impak van sy bediening (10:14-18).
Paulus erken dat hy dalk dwaas mag klink wanneer hy homself verdedig, maar hy doen dit om hom van die valse apostels te onderskei (11:13–15). Hulle verkondig ’n ander Jesus en mislei die kerk (11:3–4). Hulle word deur ’n ander gees as die Heilige Gees gelei. Paulus, daarenteen, is ’n vriend van die Bruidegom – Christus – wat omgee vir die bruid, die kerk (11:2). Al was hy nie die welsprekendste spreker nie (1 Korintiërs 2:1-4), beklemtoon hy dat sy gesag daarin lê dat hy mense na Christus lei.
Vandag oordeel of verwerp ons dikwels dié wat deur God geroep is omdat hulle nie aan ons verwagtinge voldoen nie. Ware boodskappers van God word egter gekenmerk deur een kernbegeerte: Om ander na ’n dieper verhouding met Christus te lei. Dit is een van die sleutels om ware van valse leraars te onderskei.
Here, help my om dié te ondersteun wat U gestuur het om ons na U toe te lei. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie