Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 6:11: “Die Israeliete luister nie eens na my nie, hoe sal die farao nog na my luister? Ek praat juis nie maklik nie.”
Die krisis van baie predikers is dat mense nie reageer nie. Digter en predikant Okke Jager illustreer dit: ’n Koster vee elke Sondag ná die preek die oorblyfsels van die boodskap wat tussen die kerkbanke geval het, bymekaar. Het iemand werklik geluister?
Moses het iets soortgelyks ervaar. Ten spyte van God se beloftes, het sy volk die Here se woord verwerp. Toe die Here hom weer beveel om met Farao te praat, herhaal Moses sy vroeëre besware: sy volk se onwilligheid om te luister en sy eie tekortkominge (Eksodus 3-4; 6:12).
Hierdie gedeelte bevestig Moses se roeping opnuut. Sy eerste poging het misluk. Hy was teleurgesteld – selfs in God. Tog spreek die Here hom duidelik en ferm aan. Hy verseker Moses drie keer dat Hý die Here is (Eksodus 6:2,6,7). God herbevestig sy Naam, mag en getrouheid. Moses moes hoor wie God is, hoeveel Hy vir sy mense omgee en wat Hy van plan is om te doen.
Moses se huiwering weerspieël die twyfel wat ons dikwels in diens van die Here ervaar. Soos ons, het hy nie altyd resultate gesien nie. Tog aanvaar die Here nie ons verskonings nie. Hy laat vaar nie sy beloftes weens menslike weerstand nie. Hy roep ons telkens weer tot diens – want sy werk móét gedoen word en Hy kies om dit deur ons te doen.
Here, vergeef my huiwering en twyfel in U diens. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie