Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 6:8: “. . . in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.”
Wat ’n tragiese storie. Die Israeliete moes hard werk om te oorleef, en die slawedrywers het hulle lewens nog moeiliker gemaak.
Te midde van dit alles was God daar. Hy herhaal sy Naam en bevestig dat Hy die God van die verbond is (6:1–2). Sy medelye met hulle benarde situasie word weer eens onder hul aandag gebring (6:4). Hy het verlossing belowe (6:5). Hulle het weer gehoor dat die Here hulle as sy volk aanvaar het (6:5). Hy sal die beloofde land vir hulle gee (6:7). Dis asof die Here geen beloftes wat Hy voorheen gemaak het, wou weglaat nie. Hulle moes alles hoor – weet wie Hy is, hoe toegewyd Hy aan hulle toekoms was en dat Hy hulle pyn verstaan het. Tog kon hulle dit nie hoor nie. Hulle het geen hoop gehad nie! Dis tragies, maar ek kan dit verstaan. Mense vind dit moeilik om die evangelie te hoor as hulle honger, moedeloos, sonder klere of ’n woonplek is. Hoop is die arm man se brood, sê ons.
Ons hoor al God se beloftes gereeld, maar dit voel soos leë woorde, want God verander nie ons omstandighede nie. Luister: God trek nooit sy beloftes terug nie. Hy het alles in Christus vervul. Ons het hoop in ons harte, want die uitkoms is seker! Rig jou oë vandag op Hom.
Here, ek voel soms so moedeloos. Gee my asseblief hoop. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie