Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 7:4: “Julle behoort nou aan iemand anders, aan Hom wat uit die dood opgewek is. Daarom moet ons nou ’n vrugbare lewe lei in diens van God.”
Ek hou daarvan om huldeblyke en grafstene te lees. Soms is die woorde byna snaaks. Ons sukkel dikwels om die verband te sien tussen die lof wat gegee word en die lewe wat werklik geleef is. Die samelewing is geneig om “belangrike” mense te eer. Selde hoor ons hierdie lof vir die stil persoon wat net vir die Here geleef het. Wat het hulle nou eintlik bygedra? Hulle was nie bekend of magtig nie.
Ek staan dikwels by ’n graf met hartseer – nie oor persoonlike verlies nie, maar omdat die oorledene dalk baie vir die gemeenskap beteken het, maar geen respek of liefde vir God gehad het nie. Omgekeerd staan ek soms vol dankbaarheid by ’n begrafnis wanneer die persoon geen openbare erkenning geniet het nie, maar die Here getrou gedien het.
Ondersoek jou lewe vandag eerlik. Weerspieël jou optrede – hetsy in die gemeenskap, kerk of jou alledaagse lewe – jou toewyding aan Jesus Christus? Word jy deur God se Gees gelei, of leef jy net vir jouself? Miskien word daar eendag ’n mooi huldeblyk by jou graf oor jou gelewer, maar sal jou lewe weerspieël wat C.T. Studd gesê het: “Only one life, ’twill soon be past; only what’s done for Christ will last.”
Here, ek wy myself opnuut aan U. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie