Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 5:22: “Here, waarom werk U so sleg met hierdie volk? Waarom het U my nou eintlik gestuur?”
Die farao is onbuigsaam. Dis geen verrassing nie! Hy het geen agting vir die Naam van die Here, die God van die slawe, nie.
Moses staan by ’n kruispad. Hy is desperaat: “Van die eerste oomblik af dat ek by die farao gekom het om in u Naam te praat, het hy hierdie volk mishandel. Tog het U niks gedoen om u volk te red nie!” (5:23). U het nie gedoen wat U belowe het nie! Wat doen ek hier?
Die Here wys met sy vinger na die toekoms: “Nou sal jy sien!” (6:1). Die farao sal hulle nie gewillig vrylaat nie. Die Here self sal hom dwing om hulle uit te dryf.
Soos Moses hou baie van ons nie van teëspoed nie. Ons neem aan dat gehoorsaamheid aan God alles makliker sal maak. Moses en Aäron het gedoen wat God gevra het, maar die farao het steeds geweier. Nog erger: Die volk het meer gely.
Wanneer ons die Here volg in ’n wêreld wat Hom nie erken nie, moet ons teenkanting verwag. Jesus het gewaarsku dat mense nie sommer sal luister nie. Die boek Handelinge is vol stories wat hierdie punt bevestig. Om agter die Here aan te stap, is ’n lewe van geloof. Ons sien nie die resultate onmiddellik nie, maar ons hou aan omdat dit sy pad – die regte pad – is.
Gees van God, hou my getrou en gehoorsaam aan U, selfs te midde van teenstand. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie