Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 6:11: “Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.”
Ons is verbind aan Christus. Soos Jesus gesterf het, het ons ou lewe saam met Hom gesterf. Ons doodsvonnis is opgehef. God het ons sondes vergewe. Soos Jesus uit die dood opgestaan het, is ons ook opgewek tot ’n nuwe lewe. Ons het vergifnis, vryspraak en ’n nuwe lewe deur sy genade ontvang.
Hierdie transformasie is duidelik in die doop. In Paulus se briewe word die doop aan Christus se dood en opstanding gekoppel. Dit gaan nie oor wat met ons gebeur het nie; dit gaan oor wat met Christus gebeur het. Deur die doop ontvang ons ’n tasbare herinnering dat ons aan Christus verbind is en ons ’n plek het in sy liggaam, die kerk.
Ongelukkig het die doop ’n twispunt onder Christene geword. Dit is jammer, want die doop is bedoel om mense van verskillende kulture, sosiale stande, nasies, geslagte – ja, alle mense – in een liggaam te verenig (Galasiërs 3:26–28). In plaas daarvan het dit Christene van mekaar vervreem.
Die doop is die motivering en beginpunt vir ’n nuwe lewe. Ons is aan Christus verbind, sodat ons ’n nuwe lewe kan lei (Romeine 6:4).
Laat ons as nuwe mense leef, want ons doop verkondig ons verbintenis met Christus se dood en opstanding.
Here, dankie vir die nuwe lewe in Christus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie