BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Exodus 4:24: Waar Moses-hulle langs die pad oornag het, het die Here by hom gekom en wou Hy vir Moses doodmaak.
’n Onverwagte wending van gebeure ontvou hier: die Here wou Moses doodmaak. Hoekom? Die besnydenis as teken van die verbond word herbevestig. In Genesis 17:14 word beveel dat elke manlike lid van die volk van God wat nie besny is nie, uit die gemeenskap uitgesny sal word. Blykbaar het Moses versuim om sy seun te laat besny. Die oudste seun van Farao is dood gemaak weens ongehoorsaamheid. Nou staar Moses dieselfde gevaar in die gesig, omdat hy God se bevel verontagsaam het.
Sippora tree in en verhoed God se oordeel. Die besnydenis van haar seun was wat God verlang het. Deur hierdie daad beklemtoon die outeur die belangrikheid van die verbond vir dié wat deel is van God se volk. Moses se reis terug na God se volk vereis dat hy en sy familie aan al die vereistes van die verbond voldoen. God maak geen uitsonderings op die reël nie.
Gehoorsaamheid aan die God van die verbond is nie ’n opsie nie. Dis wonderlik dat God self verantwoordelikheid neem om vergeetagtige mense aan sy vereistes te herinner. Aangesien God die verbond in vryheid tot stand gebring het, kan Hy verwag dat sy mense Hom sal dien soos Hy vereis. Ons is vry deur sy genade om Hom nou voluit te dien.
Genadige Here, dankie dat U ons aan u genade herinner wanneer ons vergeet het. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie