Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 16:5,6: “Here, U is my lewe; U sorg vir my. Alles wat ek ontvang, kom van U af.”
As ons na ons huise, besittings en lieflike leefstyl kyk, sê ons soms die Here “het vir ons ’n pragtige deel in die lewe gegee”. Wat ons ontvang het, is inderdaad wonderlik.
Hierdie gedagtes word ook in hierdie Psalm gevind: “’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.” Ons verstaan die Psalm egter eers reg as ons besef dat dit ’n psalm van toewyding is.
Die digter aanbid geen ander gode nie (16:3,4). Sonder hierdie God is sy lewe betekenisloos. Dit is aan hierdie God dat hy getrou wil bly. Daarom, voordat hy na die groot seëninge in sy lewe kyk, sê hy: “Ek behoort aan U; daar is vir my niks goeds nie, behalwe by U.”
Hierdie Psalm is ’n samevatting van die eerste gebod van die wet – om God bo alles lief te hê.
Nikolai A. Berdyaev het opgemerk daar is nie meer plek in die wêreld vir ’n blote uiterlike vorm van Christenskap wat op gewoonte gebou is nie. ’n Baie ernstiger en meer intensiewe lewe voor God sal van Christene verwag word.
Geniet jy die Here se seëninge sonder om jou lewe aan Hom te wy? Mag jy die ware seën ontdek: Om in ’n verhouding te leef met die God wat jou elke dag seën.
Here, daar is niks belangriker vir my in die wêreld as U nie. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie