Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Fil 2:5 “Dieselfde gesindheid moet in julle wees as wat daar ook in Christus Jesus was.”
Wie Jesus is en wat Hy gedoen het, is soos ’n spieël waarin ons ons eie menswees kan beoordeel. Paulus sê dat dit ons houding teenoor die mense rondom ons verander. Ons ou gesindhede moet deur sy gesindheid vervang word (Fil. 2:5).
Wat sien jy as jy na Jesus kyk? Volgens Paulus behoort ons iemand te sien wat nederigheid getoon het en nie die leer van sukses geklim het nie. Hy het Homself verneder en vir ons soos ’n slaaf geword – tot die dood toe. Wat sien jy as jy na jouself kyk? Gaan die magstryd voort? Staan jy steeds op jou eie regte? Beskerm jy steeds jou eie reputasie?
Die beroemde Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer het in ’n Nazi-gevangenis gesterf. Hy het gesê dat Jesus se liefde nie wegskram van pyn, selfverloëning en lyding om ons te help en te red nie.
Is ons beter as Jesus? Kyk weer in die spieël en volg Christus. Paulus nooi ons om niks uit selfsug of selfbelang te doen nie, maar om ander belangriker as onsself te ag. Ons moet nie net aan ons eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Selfbelang mag jouself beskerm, maar jy verloor ander. Liefde verloor die self, maar behou die ander.
Here, leer ons U gesindheid deur die krag van U Gees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie