No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Eksodus 3:17: “Ek het besluit om julle te laat wegtrek uit die ellende. . .”



Die Naam van die Here is ’n kragtige herinnering aan wie Hy is. Sy Naam bevestig dat Hy is wat Hy is – onveranderlik en betroubaar. Hy laat nooit sy mense in die steek nie. In die evangelie van Johannes hoor ons herhaaldelik hoe hierdie goddelike identiteit in Christus ’n werklikheid is deur die “Ek is”-uitsprake: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” (Johannes 14:6); “Ek is die goeie herder” (Johannes 10:11); “Ek is die lig van die wêreld” (Johannes 8:12) en baie ander. In Christus sien ons God se wese! Hy is wat Hy is!

Ten spyte van Moses se twyfel en besware, rol die Here die klippe een vir een uit die pad. Op hierdie oomblik was Moses waarskynlik nog bang en onseker oor sy taak en dalk bekommerd oor wat die leiers van Israel sou sê. Voordat Moses hierdie beswaar kon opper, verseker die Here hom dat die leiers sal luister (3:18). Verder belowe die Here om hulle bevryding te bewerkstellig, ten spyte van enige teenstand van farao. Die Here weet daar sal weerstand wees (3:19), maar Hy bly verbind aan sy plan (3:17).

Is daar enige rede hoekom ons nie die Here se roeping moet beantwoord om sy doel te dien nie?



Here God, dankie vir U teenwoordigheid. Laat ek die roeping beantwoord om U plan te dien. Amen.

Kommentaar

Republikein 2025-10-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer