Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 3:11: “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?”
God het Moses op pad na nêrens gestop. Dit is egter nie genoeg dat God Moses gevind en gestuur het nie. Hy moet weer met Moses werk. Hierdie keer het Moses nie weggehardloop nie. Hy sleep sy voete. Noudat God sy plan wil uitvoer, is dit nie reg vir Moses nie. Regdeur die Bybel sien ons hoe mense sukkel om die Here te volg omdat hulle persoonlike belange te belangrik is. Soms is dit besittings, persoonlike verpligtinge, geld, ambisie of beperkte tyd. Ek moet te veel prysgee. Dit kos te veel. Ons wil met die Here onderhandel. Moses is ons broer. Dikwels is ons die rede hoekom dinge nie in die wêreld gebeur nie. Ons staan in God se pad.
’n Nederlandse kategeseboek beskryf hierdie huiwering om God ernstig op te neem:
4 jaar: Ek is te klein om aan God te dink.
7 jaar: Ek is te spelerig om aan God te dink.
18 jaar: Ek is te jonk en te trots om aan die Here te dink.
Troudag: Ek is te gelukkig om aan God te dink.
Familie: Ek is te besig om aan God te dink.
Siekte: Ek is te siek om aan God te dink.
Werk: Ek het te veel bekommernisse om aan God te dink.
Ouderdom: Ek is nou te oud om aan God te dink.
Dood: Te laat om aan God te dink.
Here, vergewe my slepende voete. Gebruik my in U diens. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie