Bybelse wysheid
DR. ANNES NE;
Hebreërs 10:29: “Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy kry wat die Seun van God verag het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, geminag het. . .”
Die Duitse teoloog Leonhard Goppelt sê dat hierdie en ander vermanings ernstige waarskuwings was vir Christene wat hulle rug op Christus wou draai. Dit begin wanneer Christus se offer sy betekenis verloor of wanneer ons dink dat Christus nie meer genoeg vir ons is nie.
Martin Luther is in die skool van Bonaventura opgelei. Hulle het geleer dat verlossing slegs deur genade is. Tog het ons slegs die reg om hierdie genade persoonlik te ontvang wanneer ons so ’n diepgaande berou het dat God dit as “genoeg” goedkeur.
Jan Overduin sê hierdie idee kan vir oppervlakkige mense aanvaarbaar wees. Luther kon nooit vrede hieroor kry nie. Hy het sy sondige natuur geken. Hy het gesukkel om sy skuldgevoelens te oorkom en “genoeg” berou te hê. In ’n preek oor die doop skryf Luther dat die woord “genoeg” ’n duiwelse woord is. Niemand kan werklik op genoeg aanspraak maak nie, behalwe Christus. Christus is genoeg deur God verlaat. Hy het die gewig van ons skuld aan die kruis genoeg gedra. Hy het genoeg gedoen, genoeg liefgehad en genoeg gebid. Hy het die duiwel genoeg oorwin. God het hierdie “genoeg” goedgekeur!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie