Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Spreuke 29:6: ’n Mens se sonde is sy grootste gevaar. Iemand wat reg doen, kan vrolik sing.”
Sonde is ’n uitgediende woord, volgens ’n artikel in ’n koerant. Wie bepaal wat dit is? Of, soos Voltaire gesê het: Sonde is geografies. Wat sonde op een plek is, is nie sonde op ’n ander nie.
Wat is sonde? Dis nie iets wat ons doen nie. Ons is in ons kern sondaars – korrup en geneig om volgens instinkte op te tree wat baie ver verwyder is van waardes wat ander bevoordeel.
Konings misbruik hul mag en dink net aan hulself (29:2,4). Wanneer ’n goddelose persoon regeer, gaan alles in ’n land verkeerd (29:16). Ons leer nie uit ons foute nie (29:1). Ons bekommer ons nie oor die regte van die armes nie (29:7). Deur woede-uitbarstings beledig ons mekaar (29:9,11). Dit veroorsaak konflik tussen mense (29:22). Dis ’n prentjie van hoe diep ons sonder God val. Sonde is ons grootste gevaar. Dit vang ons vas in selfgesentreerde lewens.
God gee ons egter sy wysheid en maak ons regverdig. Dan is ons besorg oor die regte van die eenvoudiges, die armes en hulle wat deur die samelewing uitgeskuif word. Ons leef en sing ’n lied met nuwe woorde en dade. Die lied van God se wysheid speel in ons lewens en maak dit betekenisvol, vol goeie dade teenoor mense wat ons liefde nodig het.
Vader, maak my lewe ’n mooi lied. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie