Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 33:20: “Vir My kan jy nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.”
’n Belangrike aspek van Israel se identiteit was dat die Here se teenwoordigheid hulle van ander nasies onderskei het (Eksodus 33:16). As die Here hulle nie vergesel het nie, sou hulle soos al die heidense mense rondom hulle wees.
Hoe reageer God op Moses se versoek om sy teenwoordigheid? Wat doen God wanneer ons angstig raak oor sy teenwoordigheid of sekerheid soek vir ons pad vorentoe?
Die Here sê eers vir Moses dat mense Hom nie kan sien nie (Eksodus 33:19-20). God se aangesig word nie aan mense geopenbaar nie. Sy identiteit en goddelike natuur is syne. Hy maak egter ’n toegewing en laat Moses sy rug sien (Eksodus 33:21-23).
Wat was Moses se bedoelings in hierdie gesprek met die Here? Moses het versekering gesoek dat die Here sy volk sou vergesel. Nou sê die Here dat Hy eerder voor hulle sal uitgaan. As ’n barmhartige en liefdevolle God bied Hy Homself as ’n gids aan en sê: Julle moet My volg! Dit is waarop dit alles neerkom: Hy is ons gids!
In Christus sien ons God se gesig. Ons volg Hom in gehoorsaamheid en vertroue. Uiteindelik is die belangrikste aspek van die lewe nie om God te sien nie, maar om Hom te gehoorsaam. Slegs wanneer ons agter Hom aan stap, gaan ons oë geleidelik oop om te sien wie Hy werklik is.
Here, laat my U volg waar U my ook al lei. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie