Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 6:2: “Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.”
Die Grieke het ’n god met die naam Kronos gehad. Hy was wreed en vernietigend. Hy het sy eie kinders verslind. Hy het die onstuitbare verloop van tyd wat alles verslind, gesimboliseer.
Die liedjieskrywer Coenie de Villiers verwys in sy lied “Die honger” hierna. Hy praat van die “kanker van tyd”. Sterflikheid is ’n meedoënlose krag wat die lewe wegvreet.
In teenstelling hiermee gebruik Jesus en Paulus die Griekse term “kairos”. Dis God se bestemde tyd – gunstige oomblikke wanneer God se ingryping nuwe moontlikhede oopmaak. Anders as Kronos, wat alles insluk en vernietig, open kairos paaie na ’n nuwe toekoms.
Paulus was bekommerd dat mense dikwels God se genade en die bediening van versoening onderskat. Dit was verweef met vrae oor sy gesag in Korinte. Hy het homself gesien as ’n instrument waardeur God gewerk het – ’n ambassadeur van Christus. Hy het nie sy eie boodskap gehad nie. Hy praat namens Christus. Om Paulus se boodskap te aanvaar, is in werklikheid om God se stem te aanvaar.
Nou is die oomblik van verlossing – die regte kairos. Markus beskryf die begin van Jesus se bediening met: “Die tyd (kairos) het aangebreek” (Markus 1:15). God roep ons om in die hede – hier en nou – na sy stem te luister. Sy Woord lui ’n nuwe kairos in – die oomblik van hoop en vernuwing.
Here, vernuwe my lewe elke dag. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie