Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 8:1: “. . . ons het ’n Hoëpriester, Een wat gaan sit het aan die regterkant van die troon van die Majesteit in die hemel.”
Wat ’n troos! Jesus is ons hoëpriester in die hemel. Hy sit aan die regterkant van die Majesteit in die hemel. Dat Hy sit, beteken sy werk op aarde is voltooi. Sy offer was perfek en voldoende. Hy het alles gedoen wat nodig was vir ons redding.
Wat doen Hy nou? Sy bediening gaan voort in die hemel. Hy bied ons voortdurende troos, want Hy doen meer as om ons net een keer te red. Hy tree voortdurend vir ons in (Hebreërs 7:25) as ons Middelaar.
Hoekom doen Hy dit? Omdat Hy ’n nuwe en beter verbond ingelui het (Hebreërs 8:6). Dit beteken nie die ou verbond is ongeldig nie, maar eerder dat Jesus dit vervul en vervolmaak het. Anders as die offers van die Ou Testament, wat herhaal moes word, was sy een perfekte offer die begin van ’n nuwe era. Die Ou Testament het ’n nuwe verbond met nuwe beloftes belowe, ten spyte van ons sondigheid. Dit sal mense verander en geestelike vernuwing bring (Hebreërs 8:10).
Ons ken nou die Here, want Hy het vir ons ’n nuwe begin deur Christus gegee! Deur Jesus se offer is ons deel van hierdie nuwe bedeling en ons ontvang God se genade ten spyte van ons tekortkominge (Hebreërs 8:12).
Ons dank U, Here, vir u onfeilbare liefde en genade, ten spyte van ons sondes. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie