No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

2 Korintiërs 7:1: “Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons dan onsself reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons volkome toewy aan God in gehoorsaamheid.”



Paulus se liefde en besorgdheid oor hierdie kerk was duidelik. Almal was egter nie ewe ontvanklik nie. Ten spyte hiervan het Paulus eerlik oor die lewe as ’n Christen in ’n wêreld wat deur heidendom beïnvloed is, gepraat.

Hy verwys na die Ou Testament en waarsku teen die gevaar van afgodery (8:4-5). Ongelukkig het sommige nie sy waarskuwing ernstig opgeneem nie. Hulle lewens het dit weerspieël. Paulus beklemtoon gelowiges kan nie met ongelowiges saamleef as dit hulle geloof in gevaar stel nie. Lig en duisternis meng eenvoudig nie.

Net soos die tempel uitsluitlik aan God toegewy was, so is ons liggame en lewens ook. Hoe kan afgode dan ’n plek daarin hê? Ons is afgesonder, heilig en toegewy aan sy wil. Ons onttrek ons aan enigiets wat ons kan besoedel. Ons wy ons ten volle aan God toe (7:1). Dit beteken nie isolasie nie, maar om in gehoorsaamheid en toewyding aan God te leef te midde van die wêreld se uitdagings.

Tog dien ons God nie om sy guns te verdien nie. Ons dien Hom eerder omdat sy beloftes en liefde reeds ons s’n is deur Christus (7:1). Ons lewens is ’n antwoord op sy genade. Ons toewyding weerspieël daardie werklikheid.

Kommentaar

Republikein 2025-07-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer