No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

2 Korintiërs 13:5: “Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof leef. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie.



Hoekom wil ons hê mense moet verander? Wil ons bloot nog iemand wat ons na Christus gelei het, by ons lysie voeg? Dit is die verkeerde motief. Ons gebed moet altyd wees dat mense deur God se genade met Christus verenig sal word.

Paulus het sy hart vir die gemeente oopgemaak. Hy het sy stryd en krisisse as gevolg van sy evangeliebediening gedeel. Nou moet hulle na hulleself kyk. Paulus wil eenheid hê en dat hulle slegte praatjies sal vermy (12:20). Blykbaar het sommige mense met ongelowiges rondgehang en op die ou maniere geleef (12:21). Dit moet verander. Hy wil hê hulle moet geestelik groei (13:9,11). Dit is hoekom selfondersoek so belangrik is (13:5).

Paulus is baie radikaal. As hulle deur hierdie toets gaan, kan hulle uitvind hulle is nie gelowiges nie! As hulle egter sien dat hulle in die geloof leef, sal dit bewys Paulus se werk onder hulle is God se werk.

Tog is dit nooit die uiteindelike doel van ons getuienis nie (13:7). Die doel is ons lewens moet só wees dat dit duidelik sal wees dat Christus in ons leef (13:5). Wat sê jou lewe?



Here, laat my lewe wys dat Christus in my is. Amen.

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer