Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 13:4: “. . . want al is Hy gekruisig in die swakheid van ’n mens, Hy leef uit die krag van God. En in Hom is ons ook swak, maar saam met Hom sal ons uit die krag van God leef. Dit sal julle sien.”
Sommige mense glo dat 1 Korintiërs 10 tot 13 ’n gedeelte van die vermiste tranebrief van Paulus is. Paulus bevestig dat sy gesag van Christus af kom. Hy het daarom die reg om, indien nodig, die gemeente tereg te wys. Hy verseker hulle wanneer hy hulle weer besoek, hulle sal sien hoe Christus deur hom werk.
Paulus se gesag is gewortel in die gebeurtenisse rondom Christus se dood. Hy wys daarop dat Jesus se skynbare swakheid uiteindelik God se krag en nuwe lewe openbaar. Net so openbaar Paulus se eie swakheid God se krag – iets wat die gemeente in sy lewe en bediening gesien het. Paulus se doel is nie om sy gesag te misbruik om hulle af te breek nie, maar om hulle te help groei. Hy doen ’n beroep op hulle om te verander, sodat hy nie met die krag van Christus teen hulle hoef op te tree nie (13:10).
Wanneer ons op die gesag van Christus aanspraak maak, beteken dit nie ons is beter as ander nie. Ons wil eerder hê dit moet wys hoe kragtig God deur swak mense soos ons werk.
Here, help ons om u nederigheid te weerspieël wanneer ons ander op hulle reis help. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie