Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Spreuke 27:18: “Wie sy vyeboom versorg, sal vye hê om te eet; wie omsien na sy werkgewer se belange, sal daarvoor eer ontvang.”
Thomas Jefferson het gesê: “Hy wat sy bes in sy eie klein wêreldjie doen, doen die meeste in God se groot wêreld.”
Ons moet nooit die impak van ons sogenaamde klein pogings onderskat nie. Waar ons ook al gaan, moet ons die lig van God se liefde en die waaragtigheid van sy karakter vertoon, ongeag die gevolge.
Dit is uitdagend om jou werkgewer se belange te beskerm wanneer jy ongeregtigheid sien. Baie mense verloor hoop in hulle werk. Hulle voel dat hulle nie ’n verskil maak nie.
Ek het op ’n mooi storie afgekom oor ’n fabriekswerker wat vriende met ’n predikant geword het. Na ’n rukkie het die werker ’n kerkdiens bygewoon. Die preek het hom diep geraak. Dit het hom geïnspireer om harder te werk en sy beste te gee. Toe vra die werker vir die predikant hoe hy hom in ’n fabriek moet gedra waar mense kul, kinderarbeid gebruik en ander sleg behandel.
Dit is ’n moeilike vraag. Tog is dit belangrik om te onthou dat selfs ons kleinste dade, of dit in die fabriek of kantoor is, ’n impak op ons werkgewers kan hê. Miskien, net miskien, sal hulle die lewe anders begin sien wanneer hulle besef dat ons nie vir hulle werk nie, maar vir ons Meester!
Vader, laat my vandag fokus op die beste wat U aan my gegee het, en gee my die krag om dit ten volle te gebruik. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie