Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 13:15,16: “Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof bring – dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. Moet nie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dit is die offers wat vir God aanneemlik is.”
Jesus het die finale offer gebring, al ons sondes weggeneem en ons ’n nuwe begin met God gegee. Aangesien Hy alles vir ons gedoen het, dien ons Hom vrylik! Hoe doen ons dit? Daar is drie maniere: om God met ons woorde te loof (13:15). Ons doen dit deur Jesus, wat ’n nuwe lewe vir ons gegee het. Ons doen dit onophoudelik omdat Hy ons seën met sy liefde en vir ons sorg (13:5,6). Ons doen dit ook deur goed te wees vir ander (13:16). Ons sien in 13:1-4 wanneer ons liefde, getrouheid, gasvryheid en medelye uitleef, ons God eer. Ons loof Hom nie net in die kerk wanneer ons sing nie. Ons loof Hom wanneer ons liefde betoon. Hierdie liefde word selfs meer spesiaal wanneer ons mededeelsaam is. As ons weet dat hierdie wêreld nie ons ewige tuiste is nie (13:14), hoef ons nie gierig te wees of aan ons goed vas te klou nie (13:5). Lof is om in totale toewyding aan God en ons medemens te leef. Só bring ons offers aan God! Geen ander offers is nodig nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie