Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 13:13: “Laat ons dan nou uitgaan na Hom toe buitekant die laer en die smaad dra wat Hy gedra het.”
Hebreërs gebruik die beeld van Jesus wat buite die stadspoort gely het, as ’n oproep om Hom te volg. Hulle moet buite die laer na Hom toe gaan en bereid wees om soos Hy bespot te word (Hebreërs 13:13). Jesus is verneder en deur sy eie mense buite die stad doodgemaak. Dit herinner aan die sondebok, wat gebruik is om die sondes van die mense op die versoendag die woestyn in te dra (Levitikus 16).
Onder die ou verbond kon die priesters die vleis van die offers eet nadat dit geoffer is, behalwe vir die sondeoffer. Dit moes heeltemal verbrand word (Levitikus 4:11). Jesus word as ’n sondeoffer gesien wat ons sonde versoen het (Hebreërs 10:10). Niemand wat nou aan die ou orde vashou, kon deel hê aan die voordele van die nuwe verbond in Christus nie (Hebreërs 10:10). In hierdie nuwe verbond is daar slegs plek vir genade (Hebreërs 9:12).
Om Jesus te volg, is ons reaksie op die eenmalige en perfekte offer wat Hy gebring het (9:14). Hy verdien ons onverdeelde liefde en toewyding. Ons skaam ons dus nie vir Hom nie, maar is bereid om dieselfde bespotting te verduur wat Hy verduur het. Ons verlaat ons gemaksones en assosieer onsself met Jesus, selfs al beteken dit dat ons soos Hy verwerp word.
Here God, ek wy myself aan U toe. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie