Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 7:25: “Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God toe gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.”
Jesus is die borg van ’n beter verbond. Borg is ’n unieke konsep. Die Griekse woord vir borg word slegs een keer in die Nuwe Testament gebruik. Dit beteken dat iemand waarborg dat ’n wetlike verpligting nagekom word.
Hoekom is Jesus ’n borg van iets beter? As gevolg van sy persoon en werk namens ons. Hy is ons verteenwoordiger by God, ’n ewige priester – anders as ander priesters wat gesterf het en deur ander vervang is. Hierdie priesters was sondaars soos ons en kon niks waarborg nie. Jaar na jaar, dag na dag, het hulle offers gebring, maar hulle kon nooit ons sonde wegneem nie.
Jesus, daarenteen, was sondeloos en perfek (7:26,28). Hy het Homself vir ons geoffer (7:27). God het sy werk aanvaar. Hy het aan God se regterhand gaan sit omdat Hy die werk vir ons verlossing voltooi het. Daardie een offer waarborg dat ons vir ewig verlos is.
Dis nie al nie. Dit is nie net iets wat in die verlede gebeur het nie. Omdat Hy vir ewig leef, tree Hy ook elke dag vir ons in (7:25). Ons sondelose, medelydende Hoëpriester tree nou namens ons by God in – ook vir jou!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie