Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 7:22: “So het Jesus ook van ’n beter verbond borg geword.”
Ons verruil gereeld ons lewe voor God vir tydelike dinge. Ons kies ook gereeld, bewustelik of onbewustelik, om God se guns deur ons eie pogings te probeer wen.
Die boek Hebreërs gebruik die woord “beter” gereeld. Jesus is beter as die engele, Moses en selfs die Aäronitiese priesters. Sy bloed is beter as Abel s’n (12:24). Jesus is die borg van ’n beter verbond met beter beloftes (7:22), ’n beter hoop (7:19) en ’n beter vaderland (11:16).
Hoekom gebruik hy hierdie woord? Die lesers het die ou dinge begin mis. Die offers, die wette en wat hulle eens gehad het, was regtig aantreklik vir hulle. Nou loop hulle die gevaar om iets beters prys te gee vir iets van minder waarde.
Jesus se priesterskap is deur ’n eed van God bevestig. Hierdie gedeelte verwys na Psalm 110, wat praat oor ’n ewige priesterskap. God se besluit om Jesus vir hierdie ewige priesterskap te kies, is finaal (7:21). Waarom sou mense nou van plan verander? As hulle Jesus verwerp, kies hulle teen God se besluit.
Dis ’n ernstige gevaar vir ons almal. Ons dink dikwels dat as ons hard vir Hom werk, Hy ons meer sal seën. Hierdie brief herinner ons aan die belangrikste waarheid van ons geloof: nie ons pogings nie, nie tydelike dinge nie, maar Jesus! Hy is genoeg!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie